Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Xochitl Dixon

Wonderbare Skepper

As ’n amateurfotograaf geniet ek dit om grepe van God se kreatiwiteit op my kamera vas te vang. Ek sien Sy vingerafdrukke op elke fyn blomblaartjie, elke lewendige sonsopkoms en -ondergang, en elke wolkgetinte en sterbelaaide hemelruim.

Met my kamera se sterk zoem-aksie neem ek God se unieke skepsels af: die kletsende eekhoring in die kersieboom, ’n kleurryke vlinder wat…

’n Goeie Vader

Toe Xavier jonger was, was my man dikwels weg van die huis af. Hoewel hy dikwels gebel het, was daar kere dat dit nie ons seun getroos het nie. Om hom te kalmeer het ek dan fotoalbums uitgehaal terwyl hy sy nagklere aantrek. Met my voorvinger op die foto’s waar hulle saam iets gedoen het, sou ek vra: “Onthou jy…

Ruim Uitdrukking Van Liefde

Op ons huweliksherdenking sal ek ’n groot bos vars blomme van my man, Alan, ontvang. Toe hy sy werk as gevolg van herstrukturering verloor, het ek nie verwag dat hy hierdie toewyding sou volhou nie. Maar op ons negentiende huweliksherdenking het ’n bos kleurvolle blomme my weer verras. Omdat hy graag hierdie jaarlikse tradisie wou voortsit, het Alan elke maand…

Soos Geadverteer

Gedurende ’n vakansie sou ons ’n rustige vaart op ’n vlot op die Chattahoochee-Rivier meemaak. Geklee in sandale, ’n sonrok en ’n wyerandhoed, het ek gekreun toe ons ontdek – teenstrydig met die advertensie – dat daar ligte stroomversnellings sou wees. Dankbaar vir my reddingsbaadjie, het ek gegil en die handvatsel vasgegryp tot ons die oewer stroomaf bereik het. Ek…

Die Volmaakte Vader

Ek staan in die gang en sukkel om die regte Vadersdagkaartjie te kry. Hoewel ons versoen het na jare van ongemak, was ek nooit na aan my pa nie.

Die vrou langs my druk die kaartjie wat sy gelees het terug in die rak. “Hoekom kan hulle nie kaartjies maak vir mense wat nie ’n goeie verhouding met hulle pa…

Volhard Met Vrede

Alhoewel ek in my stryd met chroniese pyn op God vertrou, kan selfs die geringste terugslag soms voel soos ’n hewige vyandige aanval. Dan voel dit of ek kan hardloop en iewers gaan wegkruip. Maar aangesien ek nie my pyn kan ontsnap, my omstandighede kan verander, of my emosies kan ignoreer nie, leer ek om op God te vertrou om…

Indiensopleiding

Toe ’n onderwyser my vra om hulle op ’n uitstappie te vergesel, het ek gehuiwer. Hoe kon ek met ’n verlede vol foute as rolmodel optree? As ek steeds worstel, struikel en terugglip in slegte gewoontes? Met God se hulp kon ek my seun liefhê en opvoed, maar kon Hy my gebruik om ander te dien?

Soms onthou ek steeds…

Slegs Deur Gebed

My vriendin wat kankerbehandeling ondergaan het, het my laat in die nag gebel. Haar onbeheerste snikke het my droewig gemaak. Ek het saamgehuil en stilweg gebid: Wat is ek veronderstel om te doen, Here?

Haar rou uitroepe het my aan die hart gegryp. Ek kon nie haar pyn verlig, haar uithelp of met ’n enkele verstaanbare woord troos nie. Ek…

Eer Aan Die Groeier

Nou die dag merk ek’n blerts geel regs van ons oprit op. Ses affodille, saamgedruk tussen twee klippe, het fier en trots geblom. Omdat ek nie doelbewus die bolle geplant, kunsmis of water gegee het nie, kon ek nie uitwerk hoe of hoekom die blomme in ons erf gegroei het nie.

Jesus illustreer die mistiek van geestelike groei met die…

Ons Sal Nie Breek Nie

As ’n boorling van Kalifornië met ’n liefde vir alle sonnige dinge, skram ek weg van koue dinge. Ek geniet egter pragtige foto’s van sneeu. Ek kon nie anders as om te glimlag toe my vriend ’n foto deel van ’n jong boompie nie. Bewondering het in hartseer verander toe ek die kaal takke sien, wat buig onder die swaar…